FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013

FIFA Sokker-Konfederasiebeker
Copa das Confederações da FIFA Brasil 2013
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Brasilië Brasilië
Datums 15 – 30 Junie
Spanne (van 6 konfederasies)
Stadions (in 6 stede)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Brasilië Brasilië (4 titels)
Tweede plek Vlag van Spanje Spanje
Derde plek Vlag van Italië Italië
Vierde plek Vlag van Uruguay Uruguay
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 16
Doele 68 (4.25 per wedstryd)
Bywoning 804 659 (50 291 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Spanje Fernando Torres
Vlag van Brasilië Fred (5 doele elk)
Beste speler Vlag van Brasilië Neymar
2009
2017

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 (Portugees: Copa das Confederações da FIFA Brasil 2013; Engels: FIFA Confederations Cup) is van 15 tot 30 Junie 2013 in Brasilië aangebied en het vir die gasheer as ’n voorbereiding op die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 gedien. Dit was die sewende sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die eerste twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.

Die Sokker-Konfederasiebekertrofee waarom meegeding is

Soos gebruiklik het die gasheerland, die destydse wêreldkampioen en die kampioene van elk van die ses sokkerbonde deelgeneem. Die gasheer en verdedigende kampioen Brasilië het die toernooi gewen nadat hulle Spanje met 3–0 in die eindstryd geklop het. Italië het in die derde en Uruguay in die vierde plek geëindig.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search